Click for Menu

Algemene inligting vir kursusgangers

Die kursusfooi sluit volle akkomodasie in die groepkamp, etes en studiemateriaal in. 

Vervoer na en van Nylstroom kan op vooraf-versoek gereël word. 

Kursusgangers woon die kursus op eie risiko en verantwoordelikheid by en die kursusaanbieders aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige skade en/of beserings ten tye van die kusus nie. 

‘n Deposito van 50% van die kususfooi is betaalbaar om besprekings te bevestig. Die belans is betaalbaar by die aanvang van die kusus. Geld kan direk in ons bankrekening gestort word, maar afskrifte van die depositostrokies/internetbetalings moet na die sekretariaat gefaks word.

Kursusgangers moet hulle eie beddegoed, handdoeke, toiletware, persoonlike medikasie, flitse en slagmesse verskaf. (Kursusgangers wat die abattoir-higiëne- en vleisondersoekerskursusse bywoon, moet self ‘n wit 2-stuk oorpak, wit waterstewels en ‘n wit hardetop hoed verskaf) 

‘n Snoepwinkel waar koeldranke, sigarette, seep, ens gekoop kan word, is op die perseel beskikbaar. 

Twee maaltye (brunch en aandete) per dag word verskaf, met koffie en beskuit vroegoggend. 

‘n Bundel lesings word aan elke kursusganger verskaf. Dit is egter nie ‘n vereiste dat die gidse en vleisverwerkers moet kan lees of skryf nie.

Die kursusse word hoofsaaklik in Afrikaans en Engels aangebied. ‘n Tolk is egter deurentyd beskikbaar en kan tolk as van die aanbieders nie self die kursusgangers se tale magtig is nie.

Tensy anders vermeld, begin kursusse om 17:00 op die eerste dag/datum van die kursus.

HOME

Verbeter jou diens aan jou kliënte deur opleiding!