Click for Menu

Katalogus-wildveiling van Wildbedryf Suid-Afrika 

  • Die 12de jaarlikse katalogus-wildveiling van die Wildbedryf Suid-Afrika word op Saterdag, 18 Maart 2006 by die Pretoria Skougronde gehou. Hierdie veiling, wat veral bekend is vir die skaars wildsoorte wat jaarlikse daar verhandel word, word deur die vereniging gereel om aan sy lede die geleentheid te bied om surplus wild te verhandel.

    Piet du Plessis is namens die vereniging verantwoordelik vir al die reelings van die veiling. Volgens hom beloof vanjaar se veiling om groot dinge op te lewer. Met 12 witrenosters, 2 swartrenosters, heelwat swartwitpense, buffels, bastergemsbokke, njalas en ander skaars soorte en ook groot getalle algemene soorte, kan in enige wildboer se behoeftes voorsien word.

    Kontak Piet du Plessis direk na-ure by 012-5484708 vir verdere inligting oor die wild wat reeds ingeskryf is. Sy e-posadres is ghoenaskraal@telkomsa.net 

    Die katalogus/veilingrol sal vanaf 1 Maart op hierdie en ook op Wildbedryf Suid-Afrika se webbladsye gepubliseer word. Wildbedryf Suid-Afrika se webadres is http:// www.sagro.co.za

    Kom ondersteun u eie veiling!!!!!