|
GhoenasKraal Opleidingsentrum
GhoenasKraal Training Centre
Vellooierykursus |
|
Die Vellooierykursus is daarop ingestel om die wildboer in staat te stel om meer inkomste uit sy wild te verdien en om waarde tot gewoonlik nuttelose velle toe te voeg. Dit skep ook geleenthede vir wildplaaspersoneel om ekstra inkomste te verdien.
Kursusgangers word geleer hoe om velle te looi, vanaf die slag- en soutproses tot by die finale produk. Dit is
'n “haar-aan”- proses wat daarop gemik is om die unieke eienskappe van wildsvelle te beklemtoon.
Die chemiese proses is eintlik heel eenvoudig nadat dit aan die kursusgangers gedemonstreer is. Alhoewel die meng en die voorbereiding van die chemikalië bietjie insig vereis, is dit ‘n takie wat maklik deur die boer hanteer kan word sou die kursusganger self nie kan lees of skryf nie.
Aangesien daar heelwat ‘wagtyd’ tussen die verskillende prosesse is, word
kursusgangers geleer hoe om basiese curios uit wild- en plaasprodukte te
vervaardig – produkte wat nogal in groot aanvraag is!
Elke kursusganger ontvang ‘n vooraf-verpakte mengsel van chemikalië om hom in staat te stel om tuis sy
bedryf voort te sit, ingesluit by die kursusfooi.
|
 |
 |
|
 |
|
“Bemeester weer die tradisionele kuns om velle self te looi – iets wat jare gelede ‘n algemene aktiwiteit op elke plaas was.”
|
|
|