GhoenasKraal Opleidingsentrum 

GhoenasKraal Training Centre

Wildvleisverwerking

 

"Die wildvleisverwerkingskursus is daarop ingestel om die kursusganger eerstens te leer om wildvleis korrek te bewerk en aan te bied, maar ook om geleentheid te skep om waarde tot die primêre produk toe te voeg om sodoende die inkomste uit 'n karkas te verhoog.  Wildvleisbemarking is 'n uitstekende opsie vir die wildboer om van sy oorskot wild ontslae te raak."

Die belangrikheid van higiëne en higiëniese werkstoestande.

Veldhantering van karkasse.

Samestelling van 'n karkas; vleis-, been- en afvalpersentasies.

Gesondheidseienskappe van wildvleis.

Korrekte slagmetode.

Ontbening van die ribbekas.

Versnitting in primêre snitte.

Ontbening van boude en blaaie.

Die beste aanwending van primêre snitte.

Die maak van lekker biltong en droëwors; ook gepekelde en gerookte 'meneer'-biltonge.

Sekondêre produkte: sosaties, blad- en ribrolle, gestopte boud,  steaks en braaitjops, rugsaal, 'mince-loaf', ens.

Eksotiese worse: cabanosis, salamies, russiese worsies.

Boerewors & pofadders.

Rook en gerookte produkte.

Soutvleis, hamburger patties, frikkadelle, lewergeregte.

Gaarmaak en bediening van wildvleis.

Verpakking en bemarking.

 

 

Elke kursusganger verwerk 'n karkas volledig. Kursusgangers moet hulle eie vleismesse en oorpakke/voorskote verskaf.

Kom vind self uit hoe lekker wildvleis werklik kan smaak!"